Niks op hierdie aarde is myne nie. Ek kan niks vat en sê 'dit is nou myne vir ewig en ewig' nie.
Niks op die aarde hou verewig nie en selfs dit wat jy 'het' kan jy nie 'n konstante verwagting op plaas nie. Selfs die mooste kar ry nie perfek vir ewig nie. Stowe breek, yskaste breek, vriende trek weg en kinders word groot. Daar is in 'n sin niks vir ons hier nie. Daar is niks eintlik op die aarde wat ons veraltyd aan kan vashou nie. Ons kan net aan God vashou end toelaat dat Hy ons met die goed op aarde bederf, maar ons kan nie na enige iets op die aarde kyk en sê 'ek vat jou nou, maak my verewig gelukkig' nie.. Nie eers 'n man of 'n vrou kan elke dag dit doen nie.. So ons moet nie na dit alles kyk en verwag dat dit ons moet volhou en behou nie, want dit kan nie.
Friday, 27 February 2015
Persoonlike taak 2
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment