Friday, 27 February 2015

Persoonlike taak 1

Ek dink ek het uiteindelik uitgevind wat ek wil leer vir my Persoonlike blog..
Ek wil leer hoe dit moontlik is om mense onvoorwaardelik lief te hê.. Of eerder, ek wil leer hoe dit moontlik is om jou vriende onvoorwaardelik lief te hê.

Ons het vandag in filosofie van die opvoedkunde gepraat oor die sienning van onvoorwaardelike liefde in vriendskap.  Een meisie het baie ontsteld haar hand opgesteek en gesê dat sy dit nie verstaan nie en dat dit nie moontlik kan wees nie. Ek dink tot en met 20 minute voor dit sou ek heelhartig met haar saam gestem het, maar op daardie oomblik het alles net skielik vir my begin sin maak.

Hierdie is iets wat ek nou al amper 'n jaar lank sit en wonder en probeer verstaan. Die meisie was van mening dat vriendskap tog 'mutual' moet wees vir dit om te kan werk en vir dit om 'n vriendskap te wees. Ek moet sê, dit maak vir my ook perfek sin. Jy kan net die hoeveelheid gee wat jy terug ontvang, anders kry iemand die hele tyd seer of voel die een die hele tyd afgeskeep of op die ou einde is daar net konflik in die vriendskap. Soos ek sê sou ek tot en met 'n klein rukkie voor dit, heeltemal met haar saam gestem het, maar soos die dosent aan gepraat en verduidelik het voor sy haar hand opgestel het, het ek skielik die waarde gesien in wat hy sê.

Ek bevind myself tans in 'n baie ongemaklike situasie waar ek en 'n vriendin (wat saam met my in die klas is) nie meer saam klas loop nie omdat daar spanning in ons vriendskap opgebou het.  Vir twee mense wat baie dieselfde is, is 'n 'mutual' vriendskap seker baie makliker omdat hul omgee en liefde op dieselfde maniere kommunikeer, maar vir twee mense wat heeltemal verskillend is, is dit 'n ander saak. Daar was konstand wrywing in ons vriendskap oor waar ons met mekaar staan en hoe goeie vriendinne ons nou eintlik is, omdat ons glad nie omgee op dieselfde maniere gekommunikeer het nie.. Ons was net nooit op dieselfde bladsytjie nie en ons het mekaar die hele tyd verkeerd gelees.

Hierdie spanning het veroorsaak dat ek baie hard probeer het om die verwagtinge van ons elkeen uit te vind en uit te rideneer. Ek het gereken dat as ek omgee kan kommunikeer op die manier wat sy omgee ervaar in die hoeveelheid wat die 'closeness' van ons vriendskap reflekteer en as sy dit kan terug doen weer vir my, dan kan ons 'n 'mutual' vriendskap hê. Volgens my is dit tog logies. Die probleem het egter ingekom daarby dat dit onmoontlik was vir my om vas te stel presies wat ek moet doen om op haar manier omgee te kommunikeer en selfs al kon ek dit agter kom, kon ek nooit vasstel op watter 'vlak' ons vriendskap wel is nie.

As gevolg van hierdie hele situasie het alles skielik vir my sin gemaak toe die dosent skielik sê dat daar die verwagtinge in 'n vriendskap kan wees nie, omdat dit konflik in die vriendskap veroorsaak en lei tot die verlies van die vriendskap. Dit is waar, want ek sit huidiglik in dit..  Die antwoord is dus dat daar geen verwagtinge is in vriendskap nie en dat mens net elkgeval die persoon se vriend is ongeag.

Hierdie vraag bring dan natuurlik die vraag op: As ek net bly gee en niks terug ontvang nie, of nie verwag om terug te ontvang nie, wie of wat 'hou my dan vol'.  Geen mens kan gee sonder om ook te ontvang nie.  Om heeltemal eerilk te wees was ek onder die indruk dat ek en hierdie persoon amper soos 'beste vriendinne' is..  Ek het 'n groot geskiedenis van 'rejection' en dit veral ook deur beste vriendinne. Toe ek uitvind dat dit glad nie die geval is in ons vriendskap nie, het ek ervaar dat werklik niemand my as 'n beste vriendin wil hê nie.

Vanmiddag toe ek by die huis kom en in trane uit bars oor die ongemaklike situasie in die klas en op die ou einde uit kom by die ervaring van dat niemand my as 'n beste vriendin wil hê nie, het ek baie duidelik gehoor dat die Heilige Gees vir my sê dat Hy wil.  Dit wat ek vandag agter gekom het is dat vir iemand om iets van iemand anders te verwag, MOET daar in jou die oortuiging wees dat hulle dit in hulle het wat jy verwag. Waarom anders sal mens iets van iemand verwag as jy nie vas oortuig is daarvan dat daar iewers binne hulle daardie iets is wat jy so graag by hulle wil hê nie? Jy MOET glo dat iemand lief is vir JOU as jy liefde van hulle verwag. Jy MOET glo dat iemand lojaal is aan JOU as jy lojaliteit van hul verwag..

My vraag is: Wat as dit wat jy so van oortuig is, glad nie eers daar is nie? So die persoon het baie liefde vir haar ander vriendinne, beteken Dit vanselfsprekend dat sy dit vir jou ook het? NEE.  En, selfs die persone wat hulself tot 'n mate al 'bewys' het... Selfs hulle kan mens in die steek laat. Geen mens het dus noodwendig dit wat jy op daardie oomblik van hulle verwag in hulle op daardie stadium nie, daarom kan jy niks van enige iemand verwag nie.

Die enigste persoon wat jy ALLES van kan verwag is God.. Selfs al wil Hy hê ons moet vriende hê, kan ons van HOM verwag om deur ons vriende vir ons die vriendskap te gee wat ons nodig het.. en nie van ons vriende self nie.. Mense het net in hulle as God in hulle gegee het.. Jy kan net altyd kry wat in vriende is as jy dit verwag van die een by wie hulle dit kry.

God is onvoorwaardelike liefde, as 'n mens dit het, het hul dit by God gekry.. As hul dit het kan hul dit weg gee en is daar niks oor tot hul weer by God kry nie.  Dalk kom jy die dag by 'n vriendin aan net na sy al haar onvoorwaardelike liefde wat sy gehad het,  weg gegee het en dan is daar niks vir jou nie. Kry dit eerder van god af en dan sal Hy jou lei om dit by vriendinne ook te kry as Hy die dag dink dis goed.

Ek gaan bietjie probeer en kyk hoe dit gaan. Miskien kry ek dit die week al reg om my vriendinne onvoorwaardelik lief te hê. =)

No comments:

Post a Comment